Die Groot Skat by Tonteldoos is weggesit sowat 6 km vanaf die Tonteldoos Feesterrein. Daar is ‘n tweespoor paadjie daarheen en moet verkieslik met ‘n LDV 2x4 of 4x4 gery word (veral as dit reen). Die skat is begrawe binne die terrain van die Riverman Cabin. Dit is privaateiendom. Die eienaar ken die ligging van die skat en het onderneem om die skat in stand te hou. Toegang tot die terrein is onbeperk en is gratis.

 

Die roete na die skat is gebasseer op herkenning van rotsformasies as verwysingspunte. Slegs die beginpunt se koordinate word verskaf soos per die 18 Toneldose. Daarna word die rigting aangedui na die volgende “baken”.

 

Daar is 7 bakens en nr 8 is waar die skat begrawe is.

 

‘n Afbeelding van elke baken word saam met die rigting voorsien.

 

Die terrein is toeganglik ook vir kinders.

Parkering: S25 16.106 E29 58.514

Wegspringplek (Koordinate)     S25 15.903   E29 58.369

Rigting na Alpha:   70 grade

S25 15.865 E29 58.485

Rigting na Bravo:  253 grade

S25 15.875 E29 58.450

Rigting na Charlie:  228 grade

S25 15.912 E29 58.403

Rigting na Delta: 138 grade

S25 15.935 E29 58.426

Rigting na Echo: 92 grade

S25 15.936 E29 58.441

Rigting na Foxtrot: 133 grade

S25 15.993 E29 58.509

Rigting na Gholf: 160 grade

S25 16.020 E29 58.520

Rigting na die Groot Skat:  East

S25 16.011 E29 58.535